Bloed, Sweet en Trane deur E.J.G. Norval
Hierdie is die merkwaardige verhaal van die Voortrekkers soos nog nooit in enige geskiedenis boek vertel is nie. Dit is ‘n verhaal van ‘n volk se stryd teen Britse Imperialisme en humanisme in donker Afrika en strek vanaf die vroeë 1800’s tot en met die aaneksasie van Natal. Die werk is gebasseer op sowat 100 ou geskrifte en dagboeke van Voortrekkers betrokke in die oorloë met die Matabeles en Zulus. Die boek sluit in kaarte, name en foto’s van ou trekkers wat hierdie merkwaardige tog aangepak het asook besonderse deeglike beskrwyings van verskeie gebeurtenisse soos Bloedrivier en talle ander.
Hierdie huldeblyk aan die moed en vasberadenheid van die Voortrekkers is ‘n ware skat vir enige volksgenoot wat meer wil weet van sy geskiedenis.